Episode 28: Christo en Abrie Cronje

Loading player...
Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap.

Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort.

Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en selfs ’n vervoerbedryf.

Vir die Cronje-broers gaan dit daaroor om die voorsieningsketting so kort as moontlik te maak.

Hoewel Christo en Abrie onafhanklik die onderskeie entiteite van die boerdery bedryf, geniet hulle die onderlinge ondersteuning van die familieboerdery - vernaam wanneer dit kom by kritieke sakebesluite.

Hulle glo daarin om te waak teen stagnasie, want dis in elke boer se belang om voortdurend sy besigheid groter en beter te probeer maak.
25 Jul 2022 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min

Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 22 min

Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope…
29 Jan 2020 43 min

Agri SA Kongres 2019: Dan Kriek

Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot…
18 Nov 2019 36 min