Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Loading player...
Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope 182 jaar.

Die kernwaardes van integriteit, kwaliteit, toegewydheid en vernuwing vind gestalte in John Deere se mense, produkte en prosesse. Dit geld ook vir John Deere hier ter plaatse, suid van die Sahara. In die eerste van ‘n hoogs insiggewende potgooi reeks, met landbou deurlopend as die primere fokus, gesels ek met Jacques Taylor en Stephan Nel, onderskeidelik besturende direkteur en bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika.

In hierdie loodsepisode wissel die gesprek van die fassinerende geskiedenis van John Deere in Suid-Afrika, met 'n skip wat sink en twee ploee wat herwin is, tot die maatskappy se uitgebreide handelaarsnetwerk, regoor Suid-Afrika en die res van die kontinent, tot John Deere se globale en plaaslike visie en missie. Soos wat Jacques en Stephan benadruk gaan dit oor die deurgee van eerstehandse inligting aan produsente, en, ten spyte van al die negatiwiteit tans in die hoofstroom-media, is die ware stand van sake oorwegend goeie nuus vir boerdery in Suid-Afrika...
29 Jan 2020 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min

Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 22 min

Agri SA Kongres 2019: Dan Kriek

Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot…
18 Nov 2019 36 min

Agri SA Kongres 2019: Gary McKay

McKay is die Kommersiële bedryfshoof van Fidelity ADT Commercial en gesels oor tegnologie op die plaas - met spesifieke fokus op veiligheidstegnologie vir toekomsboerdery. ADT het ongeveer ‘n jaar gelede begin samesprekings voer met Agri SA om meer effektiewe veiligheidssisteme in plek te stel binne die landbou-industrie, ten einde die…
18 Nov 2019 26 min