Kollig episode 63 | Gesprek met Nioma Venter en ander oor die kerk se ramprespons

Loading player...
Mense is dood, families is huisloos, plase en besighede het weggespoel, miljarde rande se skade is gely … so klink nuusopskrifte na swaar reën en vloede in Mei. Ons kyk in hierdie gesprek eenvoudig na wat die onlangse ekstreme weer vir gemeentes en spesifiek sleutelrolspelers geleer het in terme van ramprespons. Hieroor gesels ek met dr Marinda van Niekerk van die interkerklike ramphulpnetwerk Respond SA, ook met ds De la Harpe le Roux van Torings van Hoop in Bloemfontein en dan met die NG Kerk se algemene sekretaris, dr Nioma Venter, wat altyd sê kerke se bydraepunt is nie soseer die kombers wat jy uitdeel of die sopkombuis nie, maar veral drie goed: connect, convene en communicate. Dit als in hierdie episode van Kerkbode Kollig.

Navrae: dr Marinda van Niekerk op national@respondsa.co.za, dr Nioma Venter by niomav@ngkerk.co.za en ds De la Harpe le Roux by dlh@ngkvs.co.za.
Chapters
  • 01:14 Hoe vaar die NG Kerk deesdae met reaksie op natuurrampe?
  • 04:47 Hoe vorder die vestiging van Respond SA as nasionale interkerklike ramphulpnetwerk?
  • 13:35 Winterhoop as voorbeeld van ’n deurlopende interkerklike hulpnetwerk.
  • 20:05 Gedagtes uit die Bybel
  • 21:20 Die lewensaar is verhoudings
20 May Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min