Dassie maak die deur oop: "Elke pot het sy deksel"

Loading player...
Die Suid Afrikaanse sanger het pas sy nuwe single "Hart se Huis" vrygestel en dit is soveel meer as net 'n liefdeslied. Dit gaan oor die mens se hart as 'n huis: met kamers, mure, krake en herinneringe. En die hoop dat iemand eendag by die deur instap, die ligte aanskakel en besluit om te bly.
In die geselskap deel Dassie oor kwesbaarheid, emosionele herstel, en hoekom liefde nie net "maanskyn en rose" is nie. Sy boodskap? "Elke pot het sy deksel" – moenie na seerkry moed opgee nie.
3 Sep English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

JANA se Hart Klop Groot Karoo Toe

Die Stellenbosch-student maak haar debuut met "Groot Karoo Se Teer" 'n liefdesbrief aan die wye vlaktes en oop paaie van haar jeug.
15 Oct 8 min

Roux Cloete steek die vuur aan met splinternuwe enkelsnit "ZIPPO"

Na jare agter die skerms as die pen agter Afrikaanse treffers soos "Tekkies Brand" en "Haar Naam Was Somer", tree Roux Cloete nou self in die kollig met "ZIPPO" 'n nostalgiese blik op 'n liefde wat nooit heeltemal uitgewerk het nie. In hierdie onderhoud gesels hy oor die verhaal agter…
13 Oct 7 min

Dian Roux groet die pyn met nuwe enkelsnit "Groet"

Dian Roux is terug met "Groet", 'n eerlike afskeidslied oor die oomblik wanneer liefde alleen nie meer genoeg is nie. Die lied neem luisteraars na daardie stil plek na 'n verhouding se breekpunt, 'n woonstel vol herinneringe, reën teen die venster en die drang om iemand te bel. "Groet" het…
24 Sep 7 min