Helpende Hand - Anton Olwage gesels met Yolandi Theron, hoof van die Helpende Hand Studietrust 04-11-26

Loading player...
Een van Solidariteit Helpende Hand se unieke waardeaanbiedinge is om toegang tot studiegeleenthede moontlik te maak.
Dit is juis hier waar die Helpende Hand Studietrust ’n besondere verskil maak. Hulle roeping is om studente deur rentevrye studielenings te ondersteun en só vir duisende jongmense die geleentheid te skep om hul studiedrome te verwesenlik en aan ’n blink toekoms te bou.
Agter elke student is daar ’n droom, en agter elke droom is daar die potensiaal om ’n lewe, ’n gesin en uiteindelik ’n gemeenskap te verander.
Vandag gesels LEKKER FM met Yolandi Theron, hoof van die Helpende Hand Studietrust, oor die besondere werk wat hulle doen, die geleenthede wat hulle skep en die blywende verskil wat hulle in studente se lewens maak.
Jy kan ook deel wees van iemand se toekomsverhaal. Besoek gerus https://hh-studietrust.co.za/ en help om vir ’n student die deur na ’n beter toekoms oop te maak.
4 Nov Afrikaans South Africa Marketing

Other recent episodes