
Kinderboek gee blik op wêreld van outistiese kinders
Loading player...
'My maat Pieter' is ’n kinderboek uit die pen van Carien van den Berg, die ma van ’n vyfjarige tweeling, Lira en Pieter. Pieter is outisties, en sy diagnose en uitdagings het Carien geïnspireer om ’n opvoedkundige boek oor outisme vir kinders en volwassenes te skryf.

