Muur wat op tiener geval het was 'n fratsongeluk sê Ma

Loading player...
Die ma van ‘n Bloemfonteinse tweedejaar radiografie-student van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) sê die voorval, wat haar dogter in die hoësorg-eenheid van die hospitaal laat beland het, was ‘n fratsongeluk gewees.

‘n Stalmuur op ‘n plaas buite Bloemfontein het op Linda Geldenhuys se dogter, Liané, geval.

Die mede-eienaar van Horse Valley, Maurece van Niekerk, in die Douglas Valley-hoewegebied, is dood toe ‘n stormsterkte wind die muur vermoedelik omgewaai het en dit op hulle beland het. Geldenhuys sê Liané en Maurece het by die muur gaan skuiling soek.

Cathy Dlodlo/OFM Nuus
14 Jan 2016 5AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min