R20 000 borgtog vir voormalige ANC-raadslid aangekla van moord

Loading player...
Borgtog van R20 000 is vandag aan ‘n voormalige ANC-raadslid van die Tokologo plaaslike munispaliteit, wat teregstaan op die moord op sy vrou, toegestaan.

Die 33-jarige Maphaboli Godfrey Maphobole, sal weer môre in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hy staar ondermeer klagtes van moord en dwarsboming van die gereg in die gesig.

Hy word daarvan aangekla dat hy sy vrou, Thulani, op 27 November verlede jaar in hul huis in Langenhovenpark, Bloemfontein, vermoor het. OFM-nuus se Mark Steenbok berig dat daar vrese bestaan het dat Maphobole hom moontlik om die lewe sou bring indien borg toegestaan sou word.

Mark Steenbok/OFM Nuus
18 Jan 2016 6AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min