Verhoordatum vir moord-beskuldigde voormalige ANC-raadslid vandag vasgestel

Loading player...
'n Verhoordatum sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof vasgestel word in die saak teen 'n voormalige ANC-raadslid, wat teregstaan op die moord op sy vrou. Maphabole Godfrey Maphobole, ‘n voormalige ANC-raadslid van die Tokologo plaaslike munispaliteit, is gister borgtog van R20 000 toegestaan. Die 33-jarige staar ondermeer aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg in die gesig. Maphobole word daarvan aangekla dat hy sy vrou, Thulani, op 27 November verlede jaar in hul huis in Langenhovenpark, Bloemfontein, vermoor het. OFM-nuus se Mark Steenbok berig dat daar vrese bestaan het dat Maphobole moontlik sy eie lewe sou neem indien borg toegestaan sou word.

OFM-nuus se Mark Steenbok berig dat daar vrese bestaan het dat Maphobole moontlik sy eie lewe sou neem indien borg toegestaan sou word.
19 Jan 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min