Twee voormalige Kovsies laat vaar R1 miljoen se laster-eis

Loading player...
Die twee voormalige studente van die Universiteit van die Vrystaat wat ‘n laster-eis van ‘n miljoen rand teen die UV ingestel het, het hul saak laat vaar. Dit is volgens Charl Blom en Cobus Muller se regsverteenwoordiger, Werner Human. Die twee is na ‘n beweerde rasgedrewe voorval in 2014, waartydens ‘n mede-student op die Bloemfontein-kampus na bewering raakgery is, van die kampus verban. Hulle is egter in die hof op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer onskuldig bevind. Blom en Muller het ‘n laster-eis van R500 000 elk teen die universiteit en sy rektor, Jonathan Jansen ingestel. Human sê hulle dagvaarding is egter in die hof ter syde gestel, op grond van 'n regstegniese beswaar.
1 Feb 2016 8AM English South Africa News · Business

Other recent episodes