Waterkrisis in Vrystaat as gevolg van swak bestuur: DA
Loading player...
Die DA in die Vrystaat sê die waterkrisis in die provinsie is nie as gevolg van die droogte in die land nie maar eerder swak bestuur.
DA-leier in die provinsie, Patricia Kopane, sê die krisis is al jare vantevore voorspel. Sy het Maandag tydens ‘n perskonferensie in Bloemfontein gesê die droogte het wel die situasie vererger.
Kopane sê die skuld vir die droë krane in verskeie Vrystaatse dorpe moet egter voor die deur van die provinsiale regering gelê word.