Staatsrede: Regering gaan kostebesparingsmaatreëls instel

Loading player...
Die regering is van plan om kostebesparingsmaatreëls in te stel om onnodige uitgawes te beperk. President Zuma het gisteraand in sy staatsrede gesê dit sluit in dat staats- en regeringsamptenare minder oorsee sal moet reis. Hy het ook 'n beroep op plaaslike en provinsiale regerings, die regbank en die parlement gedoen om onnodige uitgawes te vermy. Zuma het beperkings op konferensies, spyseniering en vermaak voorgestel. Hy het verder gesê die parlement moet die gebruik van twee hoofstede in die land - Pretoria en Kaapstad - heroorweeg. Hy sê die koste van die onderhoud van die twee hoofstede is te duur.

Zuma se staatsrede is in die eerste uur voortdurend ontwrig. Die Speaker van die parlement, Baleka Mbete het net die verrigtinge geopen toe die EFF-LP, Floyd Shivambu, haar onderbreek het en wou weet volgens watter reëls die gesamentlike sitting sal plaasvind. Die EFF-leier, Julius Malema en verskeie ander EFF-lede het daarna voortgegaan om Mbete met punte van orde te peper. Die EFF het met dreunsang die parlement verlaat nadat die parlementêre veiligheidsbeamptes versoek is om Malema te verwyder. Malema het buite die parlement gesê hulle is van plan om Zuma in 'n staat van beskuldiging te laat plaas.
12 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min