Edenburg-plaasaanval: Verdagte verskyn, nog een soek

Loading player...
Die polisie in die Vrystaat soek nog na ‘n verdagte in verband met die aanval op ‘n boer van Edenburg gisteroggend. Polisiewoordvoerder, Peter Kareli sê twee mans het gister toegang tot Ernst Coetzee se plaashuis verkry. Coetzee en sy vrou was nie tuis nie. Toe Coetzee by die plaashuis stop nadat hy van die dorp teruggekeer het, het twee mans op hom geskiet. Hy is in die linker skouer gewond. Coetzee het in sy voertuig na die polisiekantoor op die dorp gejaag. Kareli sê die polisie het vinnig gereageer.

Die 28-jarige verdagte sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof op aanklagte van poging tot moord en huisroof verskyn. Coetzee sterk aan in die Mediclinic Bloemfontein.
18 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min