Munisipaliteite in Noordwes sukkel steeds: OG

Loading player...
Die prestasie van munisipaliteite in Noordwes was een van die hoofpunte op die agenda by vandeesweek se Lekgotla wat deur lede van die provisiale Uitvoerende Raad bygewoon is.

Afgevaardigdes het onder meer 'n verslag deur die Ouditeur-Generaal (OG) ontvang wat 'n verbetering in sommige munisipaliteite weerspieël het. Daar is egter steeds verskeie munisipaliteite wat ernstige aandag verg. Die verslag was veral krities oor die gebrek aan vordering in die Tswaing- en Ventersdorp-munisipaliteite.

Volgens plaaslike regeringswoordvoerder, Brian Setswambung het die Noordwes-Universiteit ingestem om sy kundigheid in te span om die provinsiale regering by te staan met betrekking tot sukkelende munisipaliteite.

Die Lekgotla word beskou as 'n voorloper tot die Provinsiale Rede, wat volgende Vrydag in Matlosana deur Premier Supra Mahumapelo gelewer sal word.
19 Feb 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min