Vier gesoek in verband met gewapende roof by Bloemfonteinse koskettingwinkel

Loading player...
Die polisie in Bloemfontein soek na vier rowers in verband met ‘n voorval gisteraand waarin ‘n koskettingwinkel in die middestad beroof is. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die gewapende mans wat geklee was in sekuriteitsuniforms en pette gedra het, het omstreeks 19:00 in die winkel ingestap. Hulle is reguit na ’n kantoor in die winkel waar geld gehou word. Maprope sê die rowers het twee kassiere in die kantoor met vuurwapens aangehou en hulle gedreig om die kluis oop te maak.

Marope sê die booswigte het by ’n deur aan die agterkant van die gebou uitgegaan en met ’n wit dubbelkajuitbakkie met ’n Gautengse nommerplaat op die vlug geslaan.
19 Feb 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min