Tlokwe-tussenverkiesing: Onafhanklike kandidate nader Kieshof

Loading player...
’n Dringende aansoek deur onafhanklike kandidate in die Tlokwe-tussenverkiesing in Noordwes sal 14:00 vanmiddag in die Kieshof in Bloemfontein aangehoor word.

Die kandidate wil hê dat môre se tussenverkiesing uitgestel word. Hulle eis onder meer dat die hof die sertifisering van die kiesersrol hersien en ter syde stel.

Hul regsverteenwoordiger Hans-Jurie Moolman sê die saak handel oor adresse wat nie op die kieserslys verskyn nie.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) voer aan dat daardie verpligting slegs van toepassing is op name wat vir die eerste keer op die kiesersrol verskyn het na 31 November 2015.

Die tussenverkiesing vind plaas nadat die Grondwethof die uitslag van die 2013 tussenverkiesing nietig verklaar het.
23 Feb 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min