'UV-bestuur moet dringend ingryp ná gewelddadige betogings'

Loading player...
AfriForum Jeug sê die universiteitsbestuur by die Universiteit van die Vrystaat (UV) moet dringend ingryp ná gewelddadige betogings op die Bloemfontein-kampus gisteraand.

Klasse is vandag en môre opgeskort nadat betogers 'n Varsitybeker rugbywedstryd gisteraand ontwrig het. Van die rugbyondersteuners het toe op die veld gestorm om die betogers te verwyder. Later het die groep betogers op die kampus met koshuisstudente koppe gestamp. Rubberkoeëls en skokgranate is gebruik.

Koördineerder vir AfriForum se Kovsie-tak, Marike van As, sê studente voel onveilig op kampus. Volgens haar was lede van die universiteit se sekuriteit gisteraand nie genoegsaam teenwoordig om Shimlapark se hekke toe te hou in ‘n poging om betogers van die veld te hou nie.

Van As sê studente wil weet hoekom die visekansellier, Jonathan Jansen, nie ingryp nie.
23 Feb 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min