Begrotingsrede: Genoeg om rommelstatus te keer?

Loading player...
Dit is nog onduidelik of die Minister van Finansies, Pravin Gordhan se begrotingsrede genoeg was om te voorkom dat die land se kredietgradering tot rommelstatus afgegradeer word. Maryke Vermaak berig egter dat die EFF-leier, Julius Malema glo die minister gedoen het wat nodig is.

Die kredietgraderingsagentskap Moody's sê intussen die begroting het nie spesifieke inkomste-maatreëls geïdentifiseer om begrotingstekorte te verminder nie. Gordhan het gesê die regering beplan om sy begrotingstekort van 3.- persent van die bruto binnelandse produk tot 3.2-persent in die volgende boekjaar te verminder. Moody's se senior visepresident, Kristin Lindow sê Gordhan het onderneem om die uitgawes van staatsdiens-salarisse te verminder, maar dat hy nie spesifieke besonderhede verskaf het nie.
25 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min