NWU se Mafikeng-kampus kalm vanoggend

Loading player...
Die situasie by die Noordwes Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus is kalm vanoggend nadat geweld gister tussen studente en veiligheidsbeamptes uitgebreek het.
Woordvoerder van die kampus, Koos Degenaar, sê twee geboue waaronder die administratiewe gebou is in brande beskadig. 'n Voertuig en 'n motorfiets is ook aan die brand gesteek.

Hy sê die brandweer het gisteraand gespook om die vlamme te blus. Volgens Degenaar het die administratiewe gebou gedeeltelik afgebrand. Hy sê die omvang van die skade kan nog nie bepaal word nie, maar dit beloop miljoene.

Degenaar sê beseerdes is behandel en daar is geen bevestiging dat 'n studente dood nie.

Die onrus op kampus het gisteroggend begin toe 'n groep ontevrede studente die inhuldiging van die nuwe studenteraad ontwrig het. Die vorige studenteraad is ontbind nadat nege lede glo deel was van die voortgesette betogings op kampus.

Polisiewoordvoerder Leonard Hlathi sê die polisie het nie rubberkoeëls en traangras gebruik nie. Studente is voor die polisie op die toneel was beseer.
25 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min