Talle studente op NWU se Mafikeng-kampus gestrand

Loading player...
Studente verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus het vanoggend hul misnoeë uitgespreek oor die feit dat die kampus vir ten minste die volgende maand gesluit sal wees.

Dit volg na die kampus se administratiewe- en wetenskap geboue onderskeidelik gisteraand aan die brand gesteek is. 'n Voertuig en 'n motorfiets is ook aan die brand gesteek.

Studente het vroeër die dag met kampussekuriteit gebots weens hul ontevredenheid oor die aanstelling van 'n nuwe verteenwoordigende studenteraad, nadat die vorige raad ontbind was.

Intussen is talle studente op kampus gestrand omdat hulle nie oor die fondse beskik om hul tuisdorpe te bereik nie, en menigte ander twyfel of hulle hul studies vanjaar sal kan voltooi.
25 Feb 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min