UV-betogers staan bankvas agter eise
Loading player...
Die president van die studenteraad van die Universiteit van die Vrystaat sê klasse by die instelling sal nie voortgaan totdat die bestuur alle uitstaande kwessies opgelos het nie. Lindokuhle Ntuli sê hulle dring onder meer daarop aan dat die rektor, Jonathan Jansen afgedank word. Polisiewoordvoerder Wendy Nkabi sê 21 studente, waaronder twee vroue, is gistermiddag op die Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings weer opgevlam het.
Nkabi sê die verdagtes sal na verwagting later vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle 'n hofinterdik, wat hulle verbied om onwettig op kampus te vergader en eiendom van die universiteit te beskadig, verontagsaam het.