UV-betogers staan bankvas agter eise

Loading player...
Die president van die studenteraad van die Universiteit van die Vrystaat sê klasse by die instelling sal nie voortgaan totdat die bestuur alle uitstaande kwessies opgelos het nie. Lindokuhle Ntuli sê hulle dring onder meer daarop aan dat die rektor, Jonathan Jansen afgedank word. Polisiewoordvoerder Wendy Nkabi sê 21 studente, waaronder twee vroue, is gistermiddag op die Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings weer opgevlam het.

Nkabi sê die verdagtes sal na verwagting later vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle 'n hofinterdik, wat hulle verbied om onwettig op kampus te vergader en eiendom van die universiteit te beskadig, verontagsaam het.
26 Feb 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min