
Provinsiale rede: NW premier gaan glo staatsbeursie toeknyp
Loading player...
Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo gaan na verwagting vandag tydens sy provinsiale rede die staatsbeursie nog verder toeknyp met meer kostebesparingsmaatreëls. Dit volg nadat drie van die provinsie se grootste departemente - Onderwys, Gesondheid en Openbare Werke – verlede jaar onder administrasie geplaas is. In ‘n poging om regeringsbesteding te verminder het Mahumapelo ‘n oudit van staatsamptenare laat doen om spookwerkers uit te roei. Hy het ook ‘n moratorium op die vul van staatsdiensposte wat nie as kritiek beskou word nie, geplaas. Die DA in die provinsie het Mahumapelo se besluit om nie middagete aan die gaste wat vandag se verrigtinge bywoon te bedien nie, verwerlkom. Die DA-LPW, Jacqueline Theologo sê dit stel ‘n goeie voorbeeld.

