Pogings om hoër onderwys te ontwrig moet ondersoek word

Loading player...
Dit blyk uit onlangse gebeure by die land se universiteite dat daar dalk 'n poging deur 'n derde party aangewend word om hoër onderwys in die land te destabiliseer. Dit is volgens die adjunk-minister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, wat vanoggend die media by die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit toegespreek het. Manana het bygevoeg dat dit egter slegs 'n vermoede is, en dat die moontlikheid daarvan deur die owerhede ondersoek moet word. Sy besoek volg nadat studente en veiligheidswagte vroeër vandeesweek slaags geraak het nadat die universiteitsbestuur die SR ontbind en 'n nuwe een aangestel het. Twee geboue is aan die brand gesteek. Die kampus is onbepaald gesluit en studente is gister gevra om die kampus te ontruim. Manana meen ook daar is beter wyses vir studente om hulle griewe te lig.
26 Feb 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min