Betogende UV-studente gaan glo klasse vandag ontwrig

Loading player...
Betogende studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is glo van plan om klasse vandag te ontwrig. UV-woordvoerder, Lacea Loader, het bevestig dat alle akademiese en administratiewe dienste op die Bloemfontein- en Suid-kampusse vandag hervat nadat die kampus verlede week weens gewelddadige betogings gesluit is. OFM-nuus het egter inligting van 'n student ontvang dat die UV nie toegelaat kan word om te heropen nie totdat daar aan hul eise gehoor gegee is. Sy sê veral groot lokale gaan vandag geteiken word.

Die SR-president, Lindohuhle Ntuli, was nog nie vanoggend beskikbaar vir komentaar nie. Geweld het verlede Maandag uitgebreek toe betogers 'n Varsitybeker-rugbywedstryd ontwrig het.
29 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min