Nog onbekend of Puk-student aan breinvliesontsteking oorlede is

Loading player...
Dit is nog nie bekend of 'n derdejaar student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, wat simptome van breinvliesontsteking getoon het, wel aan díe siekte oorlede is nie.

Nicola Badenhorst, 'n BSc-student van Vergeet-my-Nie dameskoshuis, is Sondagoggend in die plaaslike Mediclinic oorlede.

Kampuswoordvoerder Kiewiet Scheppel sê Badenhorst het Saterdagmiddag begin sleg voel, waarna die kampusnooddienste na haar koshuis ontbied is. Sy is deur nooddienspersoneel gestabiliseer voordat sy na die hospitaal geneem is. Badenhorst is egter omstreeks 04:30 gisteroggend oorlede.

Scheppel sê terwyl die uitslag van haar bloedtoetse nog nie bekend is nie, het die kampus verskeie voorsorgmaatreëls reeds in plek gestel.

Sodra die mediese uitslae ontvang is, sal verdere kommunikasie uitgereik word.
29 Feb 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min