Forensiese ondersoek na Tswaing-Munisipaliteit gelas
Loading player...
Die waarnemende LUR vir Plaaslike Regering en Menslike Nedersettings in Noordwes, Fenny Gaolaolwe, gaan ‘n forensiese ondersoek na die geldsake van die Tswaing-munisipaliteit - wat Delareyville en Sannieshof insluit – instel.
Die Premier Supra Mahumapelo, sê dit volg na bewerings van grootskaalse korrupsie by dié munisipaliteit.
Mahumapelo sê die provinsiale uitvoerende raad gaan by verskeie munisipaliteite ingryp.
Gaolaolwe sal vandeesweek die lys van munisipaliteite en ‘n volledige plan van aksie bekend maak.