Regter moes besluit om klagte teen Zuma terug te trek geneem het

Loading player...
Die DA se regverteenwoordiger in die sogenaamde spioenasiebande-saak voer aan dat die besluit om korrupsieklagte teen President Jacob Zuma terug te trek is 'n besluit wat 'n regter in 'n hof moes geneem het. Advokaat Sean Rosenberg het in die Hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat die destydse direkteur van openbare vervolgings, Mokotedi Mpshe nooit die besluit self moes geneem het nie. Maryke Vermaak doen verslag.

Die DA se ses jaar lange regstryd teen Mpshe se besluit word voor ’n volbank regters aangehoor. Die DA wil hê die hof moet die besluit ter syde stel omdat dit glo irrasioneel en ongrondwetlik was. Mpshe het die aanklagte laat vaar omdat die besluit glo gemanipuleer is. Dit het gevolg nadat Zuma se regspan opnames van selfoongesprekke tussen die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Bulelani Ngcuka en die hoof van die Skerpioene, Leonard McCarthy aan Mpshe oorhandig het. Die opnames - nou bekend as die spioenasiebande - het glo onthul dat Ngcuka en McCarthy saamgespan het oor die tydsberekening van die aanklagte om die uitkoms van die ANC se verkiesingskonferensie in 2007 te beïnvloed. Indien die DA die saak wen, kan die NVG besluit om Zuma van nuuts af aan te kla. Argumente in die saak word vandag tot Donderdag aangehoor.
1 Mar 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min