Spioenasiebandesaak: McCarthy het die NVG as politieke instrument gebruik

Loading player...
Die regsverteenwoordiger vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die spioenasiebandesaak voer aan dat Leonard McCarthy - voormalige hoof van die Skerpioene - die NVG as 'n politieke instrument wou gebruik vir sy eie agenda.

Die DA se hersieningsaansoek oor die NVG se besluit om korrupsie-aanklagte teen president Jacob Zuma te laat vaar, word vir 'n tweede dag in die Pretoriase Hoggeregshof voortgesit.

Advokaat Hilton Epstein het 'n beëdigde verklaring van die voormalige hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Willie Hofmeyr aan die hof voorgelees. Hofmeyr get aangevoer dat McCarthy gesê dis hul plig om oudpresident Thabo Mbeki te ondersteun deur die vervolging van Zuma te manipuleer.

Epstein hou vol dat die diskresie om Zuma te vervolg was die voormalige NVG-hoof, Bulelani Ngcuka s'n.

Die DA dring daarop aan dat 783 klagtes teen Zuma weer ingestel moet word.
2 Mar 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Cllr. Frans Bothma

DA eis dringende aksieplan en verantwoordbaarheid om Mangaung se waterkrisis op te los
29 Mar 2AM 1 min

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min