Motief vir Virginia-moorde onbekend
Loading player...
Die motief vir die moord op twee hawelose mans op Virginia in die Vrystaat is steeds ondbekend. Dit kom nadat die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 Sondagoggend by ‘n bank op die dorp gevind is. ‘n Bebloede klip het langs sy lyk gelê en die naam Jesus en ‘n tekening van ‘n kruis is by die lyk in ‘n plas bloed op ‘n sypaadjie geskryf. Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, sê nog ‘n onbekende man tussen die ouderdom van 25 en 35 is vroeër die oggend halfnaak in ‘n plas bloed met sy skoene langs hom by die plaaslike poskantoor gevind. Sy sê albei die vermoorde mans se identitiet kon nog nie vasgestel word nie. ‘n Derde hawelose man, wat ernstig aangerand is, is Maandagoggend buite ‘n bandewinkel op die dorp gevind.
Mokhuoane sê ‘n 18-jarige hawelose man is gister in hegtenis geneem in verband met die drie voorvalle en sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Sy sê die man is ook ‘n straatbewoner en is bekend aan die haweloses op Virginia.