Minder vertragings weens padwerke op die N1-snelweg die Paasnaweek

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê motoriste sal die komende Paasnaweek met meer gerief en minder vertragings weens padwerke op die N1-snelweg tussen Gauteng en Kaapstad kan ry. ‘n Sanral-bestuurder in die Vrystaat en KwaZulu-Natal, Ravi Ronny, sê van die maatreëls wat in plek is, sluit onder meer in dat padverbruikers met elektroniese skyfies nie meer by die Vaal-, Verkeerdevlei-, en Brandfort-tolhekke in die Vrystaat hoef te stop nie. Voertuie sal outomaties by valhekke deurgelaat word omdat outomatiese betaalstelsels reeds by dié tolhekke in plek is. Dit sluit die Grasmere-tolhek in Gauteng in. Ronny sê Sanral weet hoe belangrik dit vir mense is om hul eindbestemmings veilig en vinnig te bereik.
23 Mar 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min