Opposisiepartye vergader voor mosie teen Zuma

Loading player...
Opposisiepartye in die parlement vergader vanoggend voor die debat oor 'n mosie om president Jacob Zuma uit sy amp te verwyder. Die Demokratiese Alliansie (DA) stel die mosie volgens artikel 89 van die grondwet in na verlede week se Grondwethof-beslissing dat Zuma nie sy grondwetlike verpligtinge nagekom het in sy hantering van die Nkandla-debakel nie. Die DA se Mabine Seabe brei uit oor vanoggend se vergadering.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa het aangedui dat hy die kwessie oor 'n geheime stemming vanoggend met ander partyleiers gaan bespreek. Hy sê dit sal beteken dat ANC-parlementslede volgens hul gewete kan stem. Die grondwet maak voorsiening daarvoor dat 'n president deur middel van 'n geheime stem verkies kan word as daar 'n teenstaander is, maar swyg oor 'n stemmery om 'n president volgens Artikel 89 te verwyder. Reëls van die Nasionale Vergadering maak ook nie voorsiening vir 'n geheime stem nie.
5 Apr 2016 6AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min