Ondersoek na gestoorde kospakkies in Noord-Kaap

Loading player...
Die Noord-Kaapse Gesondheidsdepartement het ‘n ondersoek gelas nadat ‘n onbekende hoeveelheid kospakkies, wat na bewering vir MIV- en vigspasiënte bestem was, verlate in ‘n Kimberleyse stoor gevind is.

Die kospakkies, blykbaar deel van ‘n R4-miljoen tender, moes reeds in Desember verlede jaar versprei gewees het.

Gesondheidswoordvoerder, Lebohang Majaha, sê die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Lebogang Motlhaping het ‘n volledige verslag aangevra na die beweerde voorval, wat teen die einde van die week beskikbaar sal wees.
25 Apr 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min