NVG móét aanklagte teen Zuma herinstel: DA

Loading player...
Die DA-leier, Mmusi Maimane sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) móét die 783 aanklagte van bedrog en korrupsie teen president Jacob Zuma herinstel, nadat die Hooggeregshof in Pretoria vanoggend die besluit om die aanklagte in 2009 te laat vaar, ter syde gestel het.

Regter Audrey Ledwaba het gesê die besluit om Zuma nie te vervolg nie moet hersien en tersyde gestel word. Hy was veral krities teenoor die voormalige hoof van die NVG Mokotedi Mpshe se rol in die sage.

Maimane sê die party se jare lange regstryd is ná die uitspraak geregverdig.

Die NVG het die aanklagte laat vaar omdat die vervolgingsproses na bewering vir politieke redes misbruik is.
29 Apr 2016 7AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Palesa Thabana

Wesselsbron police would like to thank the community after a 20-year-old female was arrested for alleged murder
28 Mar 3AM 1 min

Lieutenant Colonel Thabo Litabe

Lieutenant Colonel Thabo Litabe talking about a search for suspects following a foiled stock-theft attempt in Campbell.
28 Mar 3AM 1 min