
Kimberley-bordeel: Twee vroue doen aansoek om borgtog
Loading player...
Twee vroue, wat in hegtenis geneem is in verband met 'n weelderige bordeel wat hulle na bewering in Kimberley bedryf het, sal vandag weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Valke-woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die twee vroue is onderskeidelik oorspronklik van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Nonsukiswa Dlamini en Nontumelelo Sonqishe het volgens Nkwalase die bordeel in 'n luukse huurhuis bedryf sonder dat die eienaar daarvan bewus was.

