Koel, bewolkte weer klaar op teen die naweek

Loading player...
Die koel, bewolkte weer van die afgelope twee dae gaan opklaar teen die naweek.

Volgens Tumi Phatudi, weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sal dit nog tot môre bewolk by tye met verspreide buie en donderbuie oor die Vrystaat en Noordwes wees.

[CutID: weer1.mp3
Time: 15s
Title: weer1
Out-cue: ]

Vir die Noord-Kaap is die voorspelling vir die volgende twee dae mooiweer en warm tot baie warm, maar gedeeltelik bewolk in die suide en ooste met enkele buie en donderbuie in die verre ooste. Dit sal bloedig warm wees op plekke in die noordooste van die provinsie.

Phatudi sê die bewolkte weer oor die Vrystaat en Noordwes, met ‘n mootlikheid van buie, sal eers weer teen Maandag volgende week ‘n werklikheid word.
28 Dec 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes