
Spesiale Verslaag: Matriekslaagsyfer
Loading player...
Die vreugdevure brand hoog in sentraal-Suid-Afrika nadat die Vrystaat die hoogste matriekslaagsyfer in die land behaal het. Die Noord-Kaap en Noordwes het ook nie uit die bus geval nie. In die Vrystaat het 88,2% van die matriekleerlinge geslaag. Die Wes-Kaap was tweede met 85,9% gevolg deur Gauteng. Noordwes was vierde gevolg deur die Noord-Kaap. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het gisteraand die nasionale slaagsyfer van 72,5% bekendgemaak. Dit is net minder as 2% beter as die vorige jaar. Vanoggend is die uitslae in elke provinsie verder ontleed en presteerders is vereer. Die OFM-nuusspan het die verslag saamgestel.

