Verskeie kinder-verdrinkings in Vrystaat ná rëen

Loading player...
Die polisie in die Vrystaat het ‘n dringende waarskuwing uitgestuur nadat drie kinders in die provinsie na mildelike reën verdrink het.

OFM-nuus het vroeër vandeesweek berig oor ‘n kleuter van Thaba Nchu, die vierjarige Simphiwe Qwema, wat in gat vol water verdrink het.

Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, sê 'n soortgelyke voorval is ook in die Kopanong-gebied in Bloemfontein aangemeld. Sy sê die sesjarige Seipati Modise het by die Colbert-brug, wat nog in aanbou is, verdrink toe sy oor die brug wou loop.

Die jongste voorval is in Dealesville aangemeld. Mpakane sê ‘n sesjarige seun het in ‘n steengroef verdrink toe hy saam met ‘n groep kinders ná skool daar gespeel het.

Mandisa Makesini, provinsiale sekretaris van EFF in die Vrystaat, sê hulle gaan die situasie dringend met die Mangaung-metro munisipaliteit bespreek.
16 Feb 2017 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Zaandré Campher, Bloemfontein DBV voorsitter.

Die afgelope jaar het die DBV hom nie net toegespits op die onmiddellike versorging van diere in nood nie, maar ook op verantwoordelike herplasing,voorkomende sterilisasie en optrede teen dierewreedheid
5 Aug 4AM 1 min