Ondersoek na kontrakteur versoek na hospitaal se dak inval

Loading player...
Die boumaatskappy wat opknappingswerk by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gedoen het sal aanspreeklik gehou word nadat ’n stuk van die hospitaal se dak ingestort en minstens ses mense beseer het. Die Gautengse LUR van Infrastruktuurontwikkeling, Jacob Mamabolo, sê Thandzanani Trading Enterprise is ook die terrein verbied na die voorval gister. Mamabolo sê bouers het blykbaar stukke beton verskuif en dit op ’n dun, onversterkte stuk van die dak gesit. Mamabolo sê egter die hospitaal bly oop vir die publiek en alle sale is funksioneel.

Al ses beseerdes is reeds uit die hospitaal ontslaan.
2 Mar 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Zaandré Campher, Bloemfontein DBV voorsitter.

Die afgelope jaar het die DBV hom nie net toegespits op die onmiddellike versorging van diere in nood nie, maar ook op verantwoordelike herplasing,voorkomende sterilisasie en optrede teen dierewreedheid
5 Aug 4AM 1 min