Vier vas vir dwelms ter waarde van R10 miljoen

Loading player...
Vier mans is naby Colesburg in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat mandrax-tablette met ‘n waarde van R10 miljoen in hulle besit gevind is.

Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana sê die mans is gister op die N1 tydens 'n intelligensie-gedrewe operasie vasgetrek. Hy sê die mandrax-tablette was versteek in twee motors waarin die mans, tussen die ouderdom van 25 en 40, gery het. Hulle was glo vanaf Kaapstad na Johannesburg onderweg.

Tawana sê die mans sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn.
22 Mar 2017 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Zaandré Campher, Bloemfontein DBV voorsitter.

Die afgelope jaar het die DBV hom nie net toegespits op die onmiddellike versorging van diere in nood nie, maar ook op verantwoordelike herplasing,voorkomende sterilisasie en optrede teen dierewreedheid
5 Aug 4AM 1 min

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min