Seun (12) se lyk uit dam in NW gehaal

Loading player...
Die polisie in Noordwes het 'n dossier van strafbare manslag geopen nadat 'n 12-jarige seun Sondag in 'n dam by Geysdorp naby Delareyville vermis geraak het. Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê Otshepeng Mogapi en vier ander seuns het van 'n opgeblaasde binneband afgeval wat deur 'n boot op die water getrek is. Die bestuurder van die boot kon die ander seuns, almal tussen die ouderdom van 12 en 13, uit die water haal. Mogapi het verdrink. Polisieduikers het sy lyk gisteroggend in die water gevind nadat 'n soektog sedert Maandag aan die gang was.
22 Mar 2017 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Zaandré Campher, Bloemfontein DBV voorsitter.

Die afgelope jaar het die DBV hom nie net toegespits op die onmiddellike versorging van diere in nood nie, maar ook op verantwoordelike herplasing,voorkomende sterilisasie en optrede teen dierewreedheid
5 Aug 4AM 1 min

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min