Kleinboer: Werfsonde
--:--
Met sy omstrede debuut Kontrei het Kleinboer so te sê kultusstatus verwerf. Werfsonde (Umuzi), die tweede deel van ʼn trilogie, sit die joernaal oor die wel en wee van die enigste wit Afrikaner in Yeoville voort. Tinus Horn gesels met die skrywer oor dié roman wat tegelyk ʼn belangrike tydsdokument is.