Ek is nog die minister van finansies: Gordhan

Loading player...
Pravin Gordhan hou vol dat hy steeds die minister van finansies is, ongeag gerugte van sy dreigende afdanking. Hy is gister oor dié kwessie gevra buite die Pretoriase hooggeregshof waar sy hofaansoek oor die sluiting van die Gupta-familie se bankrekeninge aangehoor word. Gordhan wil hê die hof moet beveel dat hy nie kan inmeng in die verhouding tussen die banke en die Gupta-maatskappye oor die sluiting van hul rekeninge nie. Maryke Vermaak doen verslag.

President Jacob Zuma se besluit om Gordhan van ’n buitelandse beleggingstoer terug te roep het tot bespiegeling gelei dat hy moontlik sy kabinet wil skommel om van Gordhan óf sy adjunk, Mcebisi Jonas ontslae te raak.
28 Mar 2017 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min

Lezhanne Hartwell.

‘n Hoërisiko-behandelingsverwante miëlodisplastiese sindroom (MDS) is op 13 Julie by Mia-Lee Lamprecht van Pretoria gediagnoseer.
4 Aug 6AM 1 min