VS-regering bestee nóg geld aan omstrede multi-miljoenrandse oord

Loading player...
Die Vrystaatse departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake gaan meer geld in die multi-miljoenrandse Philip Saunders-oord net buite Bloemfontein moet inploeg om dit finansieël vatbaar te maak.

LUR Benny Malakoane sê sy departement gaan ‘n verdere R10-miljoen aan die omstrede oord bestee, nadat opgraderings van sowat R140m reeds gedoen is om ultraluukse verblyf aan besoekers vir die 2010 wêreldbeker sokker-toernooi te verskaf. Die projek is egter gekortwiek deur ‘n tekort aan geld en onderbreking van bouwerk wat daartoe gelei het dat dit eers jare later geopen is.

Alhoewel die provinsiale regering die bestuur van die oord aan ‘n private maatskappy – die Rantshwareng-groep - uitkontrakteur het, erken Malakoane nou dat dit nie ‘n goeie inkomste gegenereer het nie.

Malakoane sê die Rantshwareng-groep se kontrak het teen einde verlede jaar verstryk en die departement gaan nou weer dié oord self bestuur.
4 Apr 2017 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes