Man vas met nagemaakte parfuum ter waarde van sowat R300 000

Loading player...
'n Ethiopiër wat Maandag in Welkom in hegtenis geneem is nadat hy glo nagemaakte parfuum te koop aangebied het verskyn vandag na verwagting in die plaaslike landdroshof. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Stephen Thakeng, sê die 29-jarige man, wat vermoedelik die eienaar van dié winkel in die middestad is, het die parfuum met nagemaakte handelsname en vervalste etikette ter waarde van sowat R300 000 op winkelrakke gehad. Thakeng sê die polisie het op die winkel toegeslaan nadat 'n wenk van die gemeenskap ontvang is.
12 Apr 2017 5AM English South Africa News · Business

Other recent episodes