
Positiewe reaksie teenoor Solidariteit se selektiewe hantering van rassisme
Loading player...
Die vakbond Solidariteit sê hulle het tot dusver geweldige positiewe reaksie gekry van mense wat hulle veldtog teen die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika ondersteun. Die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, sê hulle het tot dusver 200 000 stemme ontvang. Die vakbond wil in Mei vanjaar ‘n massaklag by die Verenigde Nasies indien teen dubbele standaarde met betrekking tot rassisme. Suid-Afrikaners kan onder meer hul stem by die VN, asook die Internasionale Arbeidsorganisasie, Internasionale Menseregtekommissie, Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en Parlement dikmaak deur dit te voeg tot die massaklag. Hermann sê hulle mik nou vir ‘n kwart miljoen stemme.
Hermann sê Solidariteit het op 20 April ‘n konferensie teen die selektiewe hantering van rassisme gehou.
Hermann sê Solidariteit het op 20 April ‘n konferensie teen die selektiewe hantering van rassisme gehou.

