Drie verskyn weens moord op boer en huiswerker in Wepener-distrik

Loading player...
Drie mans verskyn na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof in verband met die moord op 'n boer en sy huiswerker op 'n plaas in die Wepener-distrik.

Pieter Johannes Van Der Berg en Tsietso Matsabisa se lyke is deur 'n buurman gevind, toe hy die plaas Pharoasfontein verlede Donderdag besoek het. Hulle is vermoedelik doodgeskiet.

Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê die verdagtes, wat tussen 18 en 22 jaar oud is, is by hul huise in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het.

Die verdagtes is fort met vuurwapens, selfone, 'n skootrekenar en klere.
24 Apr 2017 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min

Lezhanne Hartwell.

‘n Hoërisiko-behandelingsverwante miëlodisplastiese sindroom (MDS) is op 13 Julie by Mia-Lee Lamprecht van Pretoria gediagnoseer.
4 Aug 6AM 1 min