Uitspraak verwag in Coligny-boere se borgaansoek

Loading player...
Uitspraak word vandag verwag in die borgtogaansoek van twee boere wat van die moord op 'n tienerseun van Coligny in Noordwes aangekla word.

Pieter Doorewaard en Philip Schutte word beskuldig van die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu, wat tot gewelddadige betogings in Coligny gely het. Hulle beweer hulle het Mosweu gevang nadat hulle hom en nog ’n seun in hul werkgewer se sonneblomland gesien het. Die ander seun het glo weggehardloop. Hulle beweer die seun het van hul bewegende bakkie afgespring, maar volgens die staat het hy ’n getuie wat beweer die beskuldigdes het Mosweu ontvoer, met ’n vuurwapen gedreig en van die bakkie afgegooi. Doorewaard en Schutte staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering en regsverydeling.

Intussen het die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, en die LUR vir onderwys, Sello Lehari, gister Mosweu se begrafnisdiens saam met vriende, familie en hooggeplaastes bygewoon. Mahumapelo het gesê die hof moet kyk hoe Mosweu dood is. Hy het ook gewaarsku dat as geregtigheid nie geskied nie, sal die gemeenskap nie gelukkig wees nie. Sy woordvoerder, Brian Setswambung, sê die premier vra die gemeenskap om kalm te bly.
8 May 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes