Gemeenskapsbetrokkenheid beklemtoon ná boer op plaas in NW doodgeskiet is

Loading player...
Gemeenskapsbetrokkenheid en die belang van veiligheidstrukture in landelike gebiede word opnuut beklemtoon nadat 'n boer gisteraand op sy plaas sowat 8km buite Sannieshof in Noordwes in 'n aanval doodgeskiet is. AfriForum se Ian Cameron sê lede van die organisasie asook buurtwagte van nabygeleë dorpe het in samewerking met die polisie tot laat gisternag 'n soektog na drie aanvallers begin. Dit kom nadat BC Greyling en sy vrou Marlette omstreeks 19:30 in hul plaashuis aangeval het. BC is op die toneel dood, terwyl Marlette in die maag gewond is. Sy is na 'n nabygeleë hospitaal gehaas. Cameron sê die gebied is na die aanval gefynkam sonder sukses. Die aanvallers het met die Greyling-egpaar se bakkie op die vlug geslaan.

Volgens Cameron was 'n 86-jarige vrou ook in die huis met die aanval. Sy het weggekruip onder 'n kombuistafel en is ongedeerd gelaat. Die polisie sê drie gewapende mans het toegang tot die plaashuis deur 'n venter verkry.
17 May 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes