
Nzimande sê ANC moet van Zuma ontslae raak
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande glo die ANC kan net gered word indien die party van President Jacob Zuma ontslae raak. Nzimande het gister 'n striemende aanval op Zuma se leierskapstyl gedoen tydens die Cosatu se sentrale komiteevergadering in Irene. Nzimande sê dit gaan nie maklik wees om van Zuma ontslae te raak nie, maar dit moet gedoen word. Maryke Vermaak doen verslag.

