Brandbestryder sterf in Knysna-brande

Loading player...
Die dodetal weens brande in die Suid-Kaap het tot vyf gestyg nadat 'n brandbestryder vanoggend gesterf het. Die woordvoerder vir die plaaslike regering, James-Brent Styan, sê die brandbestryder het brandwonde aan 70% van sy lyf opgedoen terwyl hy die verwoestende brande in Knysna probeer blus het. Brande in die dorp is grootliks onder beheer, maar mense uit 18 tot 20 woonbuurte moes ontruim word. Ongeveer 10 000 mense is na veiligheid geneem, waarvan tussen 3- en 4 000 nog steeds ontheem is. Styan sê nóg 'n brandbestryder het ook brandwonde opgedoen en sterk tans in die hospitaal aan.
9 Jun 2017 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes